Rotten Tomatoes
Cancel Movies Tv shows FanStore News Showtimes

Die Ontwaking

Play trailer Poster for Die Ontwaking 2015 1h 29m Mystery & Thriller Horror Crime Drama Play Trailer Watchlist
Watchlist Tomatometer Popcornmeter
Tomatometer 1 Reviews 33% Popcornmeter Fewer than 50 Ratings
An inexperienced detective searches for a deranged serial killer who has an obsession with women's skin.

Critics Reviews

View All (1) Critics Reviews
Theresa Smith Independent Online (South Africa) If you ever wonder what Silence of the Lambs meets Psycho would be like in Afrikaans, you'll like this. Rated: 3/5 Mar 8, 2016 Full Review Read all reviews

Audience Reviews

View All (1) audience reviews
Audience Member Die Ontwaking het ? ongelooflik goeie rolverdeling (Gys de Villiers, Gerard Rudolf, Paul Eillers, Morne Visser, ens). Die bronmateriaal is ook ? bekroonde boek (Abel se ontwaking deur Chris Karsten). Wat het dan met die film skeefgeloop? Die stokkerige draaiboek en die regie. As daar een akteur is aan wie ek die vertolking van Abel Lotz sou toevertrou het, is dit Gys de Villiers. Ek blameer dit dus op die regie dat sý Abel ? oortreffende-trap-freakshow is met ? neonteken bo sy kop wat flits: "Reeksmoordenaar!" Enige vreemdeling wat so naby my staan (uitgesluit die Woolies-betaalpunt-tou) sal my nekhare laat rys en die polisie laat bel. Juanita de Villiers se Ella frons baie en draf rond in noupassende vessies. Daar is nie veel meer aan haar karakter nie. Gerhard Rudolf is koel en kalm. Eilers rook, of probeer rook. Visser se glibberigheid is oordadig. Van die dialoog bevat sulke korrekte Afrikaans dat ek die Engelse onderskrifte moes lees. Ek twyfel of ? polisie-adjudant sulke taal sal gebruik. Dit dra by tot die stokkerigheid van die toneelspel en die film as ? geheel. Die kans om Abel se komplekse persoonlikheid bloot te lê word nie gebruik nie. Sy motivering en modus operandi is onduidelik. Ek moes in die amptelike sinopsis lees wat gelei het tot sy "ontwaking" - sy 50ste verjaarsdag. Eers "oes" hy tatoes? Dan gesigte? Wat wil hy by Ella "oes"? Wat het sterrekunde met die storie uit te waai? Waar kry hy sy geld vandaan? Hoe kan ? bumbling idiot ? galery en suksesvolle besigheid bestuur? Die einde van die film raak veral laf. Waar Ella vir Abel op sy plot konfronteer, weet sy voor haar siel hy is ? bietjie af. Tog stap sy kombuis toe, drink sy saam met hom koffie en gee sy hom die geleentheid om haar te oorrompel? Hoekom volg Bam vir Ella? Hy is die een wat haar verneuk het. En hoekom glo Bam dit wanneer Abel sê die sleutels is in sy baadjiesak? Daar is skalpels wat rondlê, idioot! Die lafste is Abel se ontsnappingsplan. As jy iemand se gesigvelle afsny en minute later oor jou eie gesig "drapeer", gaan ? polisieman wat ? flits in jou oë skyn, dit sekerlik sien? Ek het die skrywer-musikant Johan Jack Smith, ? groot aanhanger van die boeke, gevra hoe die film met die boek vergelyk. "Die regisseur het gefaal om die komplekste karakter van Abel Lotz effektief uit te beeld. Die sukses van die boek het gelê in Karstens se oog vir besonderhede. 'n Gulde kans is verspeel om 'n uitstekende boek op die grootskerm te laat skitter, en as gevolg van 'n powere draaiboek wat afgerammel is, is dit nou net nog 'n film wat in die bargain bin gaan beland." Sjoe. Ek sien glad nie uit na die opvolg nie. Rated 0.5 out of 5 stars 01/31/23 Full Review Read all reviews
Die Ontwaking

My Rating

Read More Read Less POST RATING WRITE A REVIEW EDIT REVIEW

Cast & Crew

Movie Info

Synopsis An inexperienced detective searches for a deranged serial killer who has an obsession with women's skin.
Director
Johnny Breedt
Producer
Johnny Breedt, Greig Buckle
Production Co
Advantage Entertainment
Genre
Mystery & Thriller, Horror, Crime, Drama
Original Language
Afrikaans
Release Date (Streaming)
Jan 24, 2020
Runtime
1h 29m